• colesberg-69
  • colesberg-67
  • colesberg-77
Akkommodasie
Tuisblad | Akkommodasie | Restaurante | Besighede | Galery | Kontak ons
Akkommodasie

Soek Colesberg
Akkommodasie

 

Akkommodasie tiepe.

Prys per persoon deel.
-
-


Lees in Afrikaans

Jou Colesberg akkommodasie opsie.

Guinea-fowl Gastehuis
Colesberg

Prys begin by
R275 ppd
R 330 Alleen
R kamer/eenheid
Gallery
Akkommodasie beskrywing:

Jan en Louise Augustyn, die gashere van die Guinea-Fowl Gastehuis in Colesberg, nooi jou uit om in 'n rustige omgewing weg van die gewoel van die hoofstraat gasvryheid van die Karoo te ervaar. Baie stil! Ons gaste word menigmaal ons vriende en kom weer terug wanneer hulle in Colesberg oornag.

Elke kamer het 'n en-suite badkamer en sy eie buite ingang. Tee/koffie plekkie in al die kamers, asook 'n yskas. Dak waaiers vir die somer en elektriese komberse en verwarmers vir die winter. ’n Volle ontbyt of kontinentale ontbyt kan in die eetkamer bedien word, op aanvraag.

Gaste kan ontspan of TV kyk in die ruim TV-kamer. Die pragtige tuin bied ook baie stil hoeke om in stil te word en daar is ruimte vir die kinders om rond te hardloop. Stap afstand van al die restaurante in die dorp.
Waarheen jy ook al mag gaan, wanneer jy by Colesberg uitkom is jy halfpad daar. Gebruik die tyd om te ontspan en slaap oor by die Guinea-Fowl Gastehuis. Veilige parkering op die perseel, reg buite jou kamer.

Bel Jan of Louise die volgende keer wanneer jy oornag akkommodasie in Colesberg nodig het.

So, wanneer jy moeg word, stop en rus by ons, jy verdien dit.

Guinea-Fowl Gastehuis is AA - aanbeveel.
 



Akkommodasie kostes:

Enkel R290pp

Volwassenes wat deel R 240pp
Kinders onder 12 wat met ouers deel R 150pp

Ontbyt steeds R50pp en opsioneel


Let wel: Pryse is onderhewig aan verandering sonder vooraf kennisgewing.

Betaal voorwaades:

Kontak ons



Aanwysings:

Vanaf Pretoria
Sowat 1Km na’ die Shell Ultra-city sal jy die af rut kry na Colesberg. Hierdie pad word dan Kerkstraat. Bly op hierdie pad totdat dit teen die groot NG kerk vasloop. Draai by die kerk regs en hou dan met die pad aan totdat dit teen die Gereformeerde Kerk (die klipsteen gebou) stop. Draai by die kerk lings en volg ’n kort grondpaadjie. Hierdie paadjie loop op sy einde reg in die Guinea-fowl gastehuis in.

Vanaf Kaapstad
Draai van die N1 af by die Engen Garage/Wimpy en neem die pad oor die brug om in Colesberg te kom. Hou met hierdie pad aan totdat jy verby die groot NG Kerk ry. Hou dan vêrder reguit aan verby die NG Kerk totdat jy teen die Gereformeerde Kerk (die klipsteen gebou) stop. Draai by die kerk lings en volg ’n kort grondpaadjie. Hierdie paadjie loop op sy einde reg in die Guinea-fowl gastehuis in.

44 Stockenstroom Street, Colesberg, NC, 9795, ZA



GPS:



Ander fasiliteite:


Guinea-fowl Gastehuis
Kontak: Jan & Louise Augustyn
Sel: 0828993964 | Tel: 0517530197
Epos: guineafowlrock@xsinet.co.za | Fax: 0517530197
Webtuiste: | Adres: 44 Stockenstroom Street




As jy vir verblyf soek en nie vind wat jy soek nie, of jy het 'n voorstel

hoe ons jou ervaring kan verbeter kontak ons gerus.

Dit kan wees dat jou Colesberg akkommodasie instansie nie gelys is nie,

kontak ons gerus indien jy wil gelys te word.


Let wel: Dit is harde werk om al die data op hierdie webwerf akkuraat te hou en dus is dit jou verantwoordelikheid om te bevestig dat die inligting korrek is.
Gebruik al die inligting op hierdie webwerf op eie risiko. As jy inligting het wat opgedateer moet word, kontak ons ​​asseblief onmiddellik.
Foto’s  © 2014 deur toerisme fotograaf BerendPhotography.com / webblad & ontwerp deur: eapproach.co.za.