• colesberg-69
  • colesberg-67
  • colesberg-77
Akkommodasie
Tuisblad | Akkommodasie | Restaurante | Besighede | Galery | Kontak ons
Akkommodasie

Soek Colesberg
Akkommodasie

 

Akkommodasie tiepe.

Prys per persoon deel.
-
-


Lees in Afrikaans

Jou Colesberg akkommodasie opsie.

The Barracks Gastehuis
Colesberg

Prys begin by
R450 ppd
R Alleen
R kamer/eenheid
Gallery
Akkommodasie beskrywing:

Die Barracks (so genoem omdat die eiendom as ’n “Barracks” tydens die Anglo  Boereoorlog gebruik was) is gebou in 1851 en in 2004 gerestoureer. Die oorspronklike gebou wat opgeknap is, is nou ons familie eenheid en was spoedig aangevul deur die hoof huis omrede die eienaar David Arnot, baie akkommodasie nodig gehad het om sy groot gesin te kon huisves.

Die gemaklike en ruim Colesberg Akkommodasie dubbelkamers het almal private toegang, hul eie badkamers elk met 'n bad en stort en privaat stoep. Dit het almal lugversorging dak waaiers en gemaklike verblyf om gerief te verseker ongeag die seisoen. Alle kamers het TV's met DSTV Hotel Bouquet.

Ons het ook 'n groot familie eenheid met sy eie private binnehof in die skadu van 'n groot eikeboom en wingerde. Hierdie eenheid is ook ideaal vir gaste wat met hul honde wil kom. 'n Verdere eenheid wat ideaal is vir troeteldiere,  het 'n selfsorg opsie, (alhoewel almal tot dusvêr eerder ’n ete in die hoof eetkamer geniet het!) Daar is ’n private binnehof geskik vir katte en klein honde. Hierdie eenheid het sy eie onderdak parkeerplek.

Veilige parkering is beskikbaar, maar beperk. So gaste met sleepwaens, bote, woonwaens, ens moet ons ten tyde van die bespreking in kennis stel, sodat reëlings getref kan word.

Die eetkamer is oop vir ontbyt en aandete. Ontbyt, word bedien van 06:30 en daar is 'n keuse van “Continental” of “Full Engels” (of albei) en dit is ingesluit in die prys. Ons bedien etes wat voor aankoms gereël moet word. Spesiale dieet vereistes word ook voor voorsiening gemaak - Laat weet ons asseblief van jou behoeftes ten tyde van die bespreking.

Die gesellige kroeg is ten volle toegeruste met 'n wye verskeidenheid van bier, wyn, whiskey, ens. en het 'n versameling van meer as 'n honderd Suid-Afrikaanse brandewyne.

Behalwe vir 'n groot verskeidenheid van op datum tydskrifte in elke kamer, is daar informasie met baie inligting oor die geskiedenis van Colesberg en sy betrokkenheid in die Anglo Boereoorlog. Besoeke aan gevegspunte, oorlogsgrafte en ander interessante plekke kan gereël word.

Wanneer jy of jou familie of vriende na ’n Colesberg Akkommodasie soek en graag 'n paar dae wil ontspan en die gebied met sy ryk geskiedenis en wonderlike toerisme aantreklikhede wil verken, kan ons jou verseker van ons totale toewyding om te verseker dat jou verblyf in ons bed en ontbyt akkommodasie 'n onvergeetlike tyd sal wees.
 



Akkommodasie kostes:

The Barracks rates / tariffs:
Pets (and their owners) welcome

Accommodation:
Rate (including a full breakfast)
R450 pppn

Children (including a full breakfast)
Children U/01 - Free of Charge
R215 per kind U/12

Pets
R30 per pet


Let wel: Pryse is onderhewig aan verandering sonder vooraf kennisgewing.

Betaal voorwaades:

Contact us.

A Single suplement will be charged over peak periods

We serve dinners which must be arranged prior to arrival. Rate subject to change whithout notice - please enquire upon booking.

*Rates subject to change without notice.



Aanwysings:

15 - 17 D'Urban Row, Colesberg, Northern Cape



GPS:

S30d 43.126 E25d 05.818 - (S30.71861 E25.09726)




Ander fasiliteite:


The Barracks Gastehuis
Kontak: Reservations
Sel: +27 (0)83 646 2680 | Tel: +27 (051) 753 2286
Epos: stay@thebarracks.co.za | Fax: +27 (086) 595 6915
Webtuiste: | Adres: 15 - 17 D'Urban Row, Colesberg, Northern Cape




As jy vir verblyf soek en nie vind wat jy soek nie, of jy het 'n voorstel

hoe ons jou ervaring kan verbeter kontak ons gerus.

Dit kan wees dat jou Colesberg akkommodasie instansie nie gelys is nie,

kontak ons gerus indien jy wil gelys te word.


Let wel: Dit is harde werk om al die data op hierdie webwerf akkuraat te hou en dus is dit jou verantwoordelikheid om te bevestig dat die inligting korrek is.
Gebruik al die inligting op hierdie webwerf op eie risiko. As jy inligting het wat opgedateer moet word, kontak ons ​​asseblief onmiddellik.
Foto’s  © 2014 deur toerisme fotograaf BerendPhotography.com / webblad & ontwerp deur: eapproach.co.za.